MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 26

LANDBOU
LANDBOU

6.

6.’ n Jong kalf op Hugo Schreuder se plaas. Die plaaslike luiperds kan kalwers vang, soos wat verlede jaar op ʼn buurplaas gebeur het.

“ Neem byvoorbeeld die skaap. Die ooi lam, die lam staan op en loop saam met sy ma wat hom dan grootmaak. Die boklam vat langer om op te staan, vat langer om te drink en dan los die ooi die lam net daar. En so is die lam blootgestel om deur rooikatte of jakkalse gevang te word, want die ma is nie altyd by die lam nie.”

Hugo se verweer is deurdagt. Die bokooie en lammer gaan bedags veld toe. Hulle kom egter saans huis toe en spandeer die nag in die veiligheid van’ n kraal.

Terloops, Bertho Archer van

Kamieskroon se wêreld reken die probleem met bokooie is dat hulle net tot by een kan tel. As sy nou‘ n meerling het en wanneer sy opstaan net een van die lammers ook opstaan, dan loop sy. Een is genoeg. Want dit is sover as wat sy kan tel.

“ Dit kan so wees, maar ek het nog te veel om te leer. Onthou, ek is nog maar net vyf jaar hier besig om te boer. Gelukkig is hier baie boere wat my leermeesters is.”

Die grootste uitdagings wat die boerbok meebring, is die gewone siektes. Die produsent moet leer om hierdie

26 MARKtoe! Junie 2025