MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 25

LANDBOU
LANDBOU

5.

5. Rooi poenskop-beeste vaar redelik goed in hierdie omgewing weens hul geaardheid en vleisgehalte. Maar luiperds kan kalwers vang soos verlede jaar op’ n buurplaas gebeur het.

strawwe toestande goed en is ideaal vir gemengde veld waar hulle onder moeiliker omstandighede steeds goeie groei en reproduksie toon.

Dit wil voorkom asof Hugo nie regtig uitdagings in die gesig staar nie. Helaas nie.

“ Uitdagings kom tydens droogtes. Dan is daar die ongediertes, en natuurlik ook die siektes wat altyd’ n teenwoordigheid is.”

Ongediertes sluit die rooikat en rooijakkals in.

“ Twee jaar gelede het ons selfs’ n luiperd hier gehad wat’ n paar skaap doodgebyt het.

Luiperds kan jong kalwers vang, maar ons het darem nog nie daardie probleem ervaar nie.”

Met betrekking tot die boerbok, vertel Hugo hy hou bok aan omdat dit vir hom’ n stokperdjie is.

“ En omdat my vrou van bokke hou. Maar kyk, jy moet’ n groot voorliefde vir bok hê. En baie mense glo hulle bring’ n goeie inkomste. Bok is egter baie meer intensief as skaapboerdery.”

Hugo reken baie mense sal van hom verskil, maar hy glo die boerbok is baie meer pieperig as skaap.

MARKtoe! Junie 2025 25