MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 24

LANDBOU
LANDBOU

waar geword het. Natuurlik ook danksy my vrou wat ingewillig het om plaas toe te kom.”

Produsente in hierdie omgewing reken die Namakwaland is by uitstek skaapwêreld. Natuurlik ook boerbok indien produsente oor die aptyt daarvoor beskik.

Volgens Hugo is die reënval op al die plase op die Kamiesberg baie hoog en hou dit verskeie voordele in. Onder op die vlakte lê die groot voordeel in die tipe bossies wat daar natuurlik voorkom. Terug op die berg.“ Hierdie omgewing is nie juis geskik vir bees nie, want dit is mos’ n grasvreter. Maar omdat die ongediertes hier so volop en aktief is, is dit beter om bees hier aan te hou. Vir drie maande van die jaar, dit is nou Januarie, Februarie en Maart, bring ek van my skaap hierheen, maar die res van die tyd loop die paar beeste wat ek het pal hier.”

Die poenskop-beeste waarmee Hugo boer is gewild onder produsente in die uitdagende Namakwalandomgewing. Hierdie ras is besonder gehard, aanpasbaar en bekend vir hul goeie temperament en vleisgehalte. Rooi poenskoppe hanteer

00 MARKtoe! Junie 2025