MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 23

LANDBOU
LANDBOU

Die goeie reën wat hier op die berg val, help Hugo by uitstek.

Vir drie maande van die jaar bring hy die helfte van sy kudde hierheen om die drakrag van al sy grond te vermeerder.

Hy boer met bontskaap, wat eintlik dorpers is waarin bontskaap ingeteel is. Daar is ook’ n klompie rooi poenskopbees wat die hele jaar op Karas loop, en boonop’ n paar boerbok.

“ As produsent is ek nie groot genoeg om selfonderhoudend te wees nie. Ek doen dit bloot omdat ek afgetree is en hou van die lewenstyl. Vir my gaan dit nie oor oorlewing nie.”

Is’ n strandhuis by die see nie dalk’ n makliker keuse nie, in vergelyking met die uitdagings van boerdery?

“ Ek glo’ n huis op’ n dorp se erf sal vir my te klein wees. Dit was vir my’ n droom om te boer, en dit is’ n droom wat

4. Die plaas Karas is uiteindelik in ses gedeel. Hierdie gedeelte is nou gemeenskaplike grond met sy eie kaart en transport, waar die eienaars hul huise het.

4.

MARKtoe! Junie 2025 23