MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 22

LANDBOU
LANDBOU

3.

Sy pa het op sy beurt weer sy oupa se deel gekry. En hy en sy twee broers het uiteindelik sy pa se deel gekoop. Hierdie is dan nou deel van twee ander plase wat onder buite Garies lê.

Terloops, op Karas staan ses pragtig instandgehoude huise.

“ Hierdie is gemeenskaplike grond met sy eie kaart en transport, en elkeen van die eienaars besit een sesde van die grond.”

Volgens Hugo is dit nie lewensvatbaar om op net een deel van Karas te boer nie.“ Almal wat hier boer, het verskeie ander plase. Onder, buite Garies, en dan in die Boesmanland.”

Hugo se toetrede tot boerdery het met’ n wye draai gekom. As meganiese ingenieur het hy vir 34 jaar by Anglo American gewerk.

Hugo:“ Op ouderdom 56 het ek’ n pakket geneem en my vrou plaas toe gebring. Nou woon ons op die plaas daar naby Garies.”

3. Lupiene en hawer is verlede jaar hier geplant. Ná die oes het die lupienpitte wat die skape en beeste nie gevreet het nie, weer opgekom.

22 MARKtoe! Junie 2025