Die pad na Hugo Schreuder se plaas Karas op die Kamiesberg, hierdie keer benader vanaf die oostelike kant, is óók verspoel weens die reën wat hier óók mildelik geval het. Tot so’ n mate dat hierdie onderhoude vir vier dae uitgestel moes word. Want as dit in hierdie omgewing reën, is daar nie tyd vir praatjies met die media nie. Daar moet onmiddellik ingespring en geploeg word.
Op Karas aangekom, staan
Hugo gereed en sê:“ Kom in sodat ons die onderhoud agter die rug kry. Ek moet op die land kom om te ploeg.” So gesê, so gedaan. Hugo sê gedurende die laat 1800’ s het sy oupa se pa getrou met’ n nooi Coetzee en haar pa het vir hulle Karas gegee. Hy het nog die oorspronklike brief waarin die plaas afgedeel is. Sy oupa en oumagrootjie het toe ses seuns en drie dogters gehad en die plaas is in ses verdeel.
1. Dirk Swartz( links) en Hugo Schreuder staan by die Massey Harrisnegeskottelploeg wat van vóór 1953 dateer. Buiten sekere modifikasies, soos hidrouliese silinders om die skottels te lig, is die implement outentiek.