“ Daarvan het ons oorgenoeg. Rooijakkals. Dan is die verdere uitdaging dat van ons plase langs staatsgronde lê. Die mense het hulle grond aan die staat verkoop, en nou baklei jy alleen teen die ongediertes – daar is nie ander boere om jou wat help nie.”
Die produsente se eerste verweer is om seker te maak hul heinings is op standaard. Die onderste gedeeltes van die
heinings word in die grond geplant en met klippe toegepak, om seker te maak die jakkals se kênd grou nie tonnels onderdeur nie.
“ Die beste benadering is om die jakkalse van jou grond af weg te hou. Maar hulle kom tog in. Die ding om dan te doen, is om jou drade na te loop om te sien waar die jakkals jou plaas binnekom, en dan weer reg te maak.”
’ n Produsent in die Boesmanland het by geleentheid vertel dat jakkalse ongeveer tien persent van sy lammers vang. Hy het al met helikopters laat skiet. Hy het jagters op die plaas laat woon om net te skiet. Met skamele sukses.
Toe besluit hy om daardie tien persent sommer aan die begin van sy boekjaar af te skryf sodat hy snags kan slaap.
Don:“ So kla’ n jong boer oor die jakkalse wat sy lammers vang. Kom daar’ n ouer boer by hom aan en laat weet die jongeling se benadering is verkeerd.
“ Ek leer by Pa, en Pa luister ook.”
“ Die ou kêrel vertel: hy gee vyf hektaar met vyftig lammers uitsluitlik vir die jakkalse, en soms gaan haal hy vir homself ook van daardie lammers wat die jakkalse nie opgebruik het nie.” Só van jakkalse gepraat... Hier is die storie van ene Vossie. Een van Don se werkers stap op’ n dag in die veld en kom af op’ n jakkalsnes. Die werker het die kleintjies verwyder, maar dit was te aardig om die kleinste een weg te maak.
Wat nou gedoen? Geen mens kan só’ n weerlose dier-