MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 17

LANDBOU die ou dae altyd die geval nie.

LANDBOU die ou dae altyd die geval nie.

Die Richtersvelders van vandag was vanmelewe grondlose trekboere tussen Namakwaland en die Boesmanland. Sommige boere het vir hulle weiding en water voorsien, terwyl ander toegang tot hul grond geweier het.

Een van Don se voorouers kon hierdie haglike toestand nie verdra nie en het toe’ n krip gebou uitsluitlik vir hierdie trekboere se gebruik.

“ Dit was anderste tye, daardie.”

Maar solank die asbos, roosmaryn en fluitjiesbos water kry, loop alles dooddollies.

Soos in enige boerdery is daar uitdagings.

Jos:“ Daar is baie. Ons paaie is by verre die grootste kopseer.”

Werklik? Nie droogtes, pestilensies en markpryse nie?

“ Toemaar, hulle ook. Maar met die klomp reën wat ons onlangs gehad het, kry die owerhede nie die paaie betyds reggemaak nie. En ons bedryf mos’ n besigheid. Wanneer lammers vir die mark gelaai moet word, moet ons mos laai. Maar ons kan nie met die lorries deurkom nie.”

MARKtoe! Junie 2025 00