8. Dis nou Vossie,’ n hansjakkals wat, ten spyte van die feit dat hy op wit linne kon lê, weer wild geword het en die jakkals se gunsteling sport beoefen het. Hy is vergewe vir lamvang, maar die dag toe hy die hand byt wat hom voed...
aantal trips en dae baie.
Don vertel hoe hy in vroeër jare die skape te voet aangejaag het.
Don:“ Een van die trekke is so 80 km, en dit het twee dae te voet geneem. Ons het ook nie gesukkel met’ n karavaan nie, sommer net die matrassie in die veld neergesit en geslaap.
“ En die skape weet hulle moet daar bly staan. Dit is eintlik wonderlik, want môreoggend, sodra dit lig word, vat hulle sommer vanself die pad in die regte rigting. Dan moet die base opstaan en agterna gaan.”
Indien die base oordeelkundig te werk gaan, neem die skape se kondisie nie af nie. As dit gereën het, is daar natuurlik veld in die‘ gorrel’ – dit is die gedeeltes aan die buitekante van die boere se heinings aan beide kante van die pad.
“ Dan loop jy stadig met hulle sodat hulle kan vreet. Vir water reël jy met van die boere op pad na jou eindbestemming toe.”