6. Die lusern wat hier verbou word, is gebaal en word só aan skape en beeste gevoer.’ n Uitstekende voedingsbron met’ n baie hoë proteïeninhoud.
Namakwaland is by uitstek skaapwêreld, maar ook boerbokgebied. Don en Jos het aanvanklik met bokke geboer, maar Jos het mettertyd besef:’ n boerbok is dalk’ n bok, en’ n bok is’ n karnallie, maar die bok is uiteindelik die groter karnallie. Die bokke het toe die Ferreira-behandeling gekry.
Landbouers moet diversifiseer, en daarom is daar ook’ n klein beeskomponent.
Jos:“ Hier op die Kamiesberg is baie suurveld en vleie met gras wat vir beeste geskik is.” Soos voorheen genoem, beskik Don en Jos oor someren wintergronde. Die plase op die Kamiesberg word beskou as die tussenseisoen-gronde.“ Ons bring gewoonlik die skape hierheen tussen Augustus en Januarie. Daarna vat ons hulle Boesmanland toe, maar ons skuif die beeste ook soontoe.”
Vervolgens besit hulle grond naby Bitterfontein – wintergrond.
Don:“ Indien jy reën op beide jou somer- en wintergrond