MARKtoe! Junie 2025 - Uitgawe 127 | Page 13

LANDBOU met skaap, aanvanklik merino, later dorper.

LANDBOU met skaap, aanvanklik merino, later dorper.

Don:“ Die probleem hier is: as jy reën kry, is jou seisoen te kort, want jy moet jou lam binne’ n sekere tydperk kan bemark. Nou sit jy met baie lammers, maar jy het nie bemarkbare lammers nie.”

“ Dit is hoeka wat oom Dries vir my gesê het: as jou bakkie uitmekaar val en jy moet’ n nuwe een koop, moet jy liewer kyk wat die ander manne ry, en dan koop jy dieselfde. Daarom, indien jy reën kry, moet jy met’ n skaapras boer waar die lammers baie vinnig bemarkbaar is.”

Met die droogte van 2018 het produsente swaar gekry. Daar was nie lammers nie, wat nog te sê bemarkbares. Don het besluit om plaaslike rasse in te teel.

“ Ons het onder andere damararamme, baie meer geharde diere, ingekruis.”

5. Beeste aard nie op die winterplaas nie, hulle is mos nie bossievreters nie. Op die Kamiesberg is daar egter vleie, en gras is mos hul kos.

5.

MARKtoe! Junie 2025 13