4. Goeie heinings wat goed onderhou word, is die produsent se verweer teen die alomteenwoordige rooijakkals.
met my hande te werk.”
Daarna het Namakwaland se oneindige vlaktes geroep— en natuurlik ook die ewige dobbelspel om in daardie ongerepte en uitdagende omgewing te boer.
Alle vorme van landbou is seker’ n dobbelspel. In Namakwaland het landbouers egter, soos hulle in die dobbelbedryf sou sê,’ n system. Hierdie system, soos Don dit beskryf, is om by ouer en meer ervare mense aan te klop, daardie produsente wat reeds die drag slae gekry het. En dus hoef nuwelinge nie ook daardie pyn te kom vat nie. En hoe moeilik is dit vir pa en seun om saam te boer? Jos:“ Ons verskil soms van mekaar. Maar dit is hoe dit in enige familieboerdery gaan. En ek leer mos by Pa.”
Jos is duidelik wys genoeg om nié van’ n ou drag slae’ n nuwe een te maak nie.
Don:“ Kyk, as jy as ouer boer dinge op sekere maniere doen, is dit soms moeilik om bevraagteken te word. Maar ek is redelik aanpasbaar. My pa was só, en ek het dit seker by hom oorgeërf.”