3. Die dorper is die ras van voorkeur in die Namakwaland. Hulle is gehard, en die lammers is op vier maande markgereed.
winterreënvalplase soos in Garies se omgewing, en somerreënvalplase in die Boesmanland bo-op die platorand. Indien die reën gedurende die winter goed was, is daar veld beskikbaar onder.
Dieselfde geld vir die Boesmanland in die somer.
Daar is egter’ n derde moontlikheid: plase in die Sand – daardie sanderige streek nader aan die kus waar die bossies gevoed word deur bykans alomteenwoordige seemis. Terug na Don en Jos. Ná skool studeer Don BSc
Landbou op Stellenbosch.“ Maar daai boekgeleerdheid wat jy op universiteit
kry, werk nie juis in Namakwaland nie. Jy moet by die ouer boere hier kom leer,” reken Don.
Seker omdat die Namakwalandse skaap, bok en bees nog nie die geleentheid gehad het om daardie boeke te lees en hul gedrag dienooreenkomstig aan te pas nie.
“ Ek vertel gereeld vir Jos: as die ou mense vir jou sê jy doen’ n ding só, dan doen jy dit presies so. Want hulle het op die harde manier geleer wat werk en wat nie werk nie,” sê Don Jos het op sy beurt ná skool vir twee jaar by’ n skoolvriend se pa in sy konstruksiebesigheid op Ceres gewerk.