MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 6

LANDBOU

appels , avokado ’ s , makadamias en lietsjies .”

Die Schagen-kwekery , tesame met die plaas waarop TFFG boer , is in 2016 aangekoop .

“ Die basiese idee was om in alle stappe van avokado-verbouing betrokke te wees .”

TFFG is merendeels bemarkers van vrugte . Alhoewel die groep self verbou , kry hulle ook vrugte van buiteverbouers af wat hulle dan wêreldwyd bemark en versprei .

“ Die een ding wat ’ n mens moet verstaan , is dat avokadoboompies heeltemal anders as ander boompies gekweek word . En dit is omdat die boompies ʼn geweldige probleem met Phytophthora cinnamomi het . Dit is ’ n wortelsiekte waarvoor avokado ’ s baie vatbaar is . Met

ander woorde , avokadobome kan nie op dieselfde manier ontkiem en voortgeplant word as byvoorbeeld mango of appel nie . Laasgenoemde word by wyse van saad geplant , hulle groei uit en word geënt .”

Met betrekking tot die avokado het jy ʼn klonale onderstam nodig oftewel onderstamme wat identies is , hulle almal moet presies dieselfde eienskappe besit .

Eers die betekenis agter ál die groot woorde .

Klonaal : wanneer selle by wyse van mitose skei , word twee identiese – dus klonale – dogterselle gevorm . Terloops , in die menslike liggaam verdeel selle op dieselfde manier . Só ook vir bakterieë en virusse .

Mitose : die proses waartydens

Ontkiemde avokadosade neem ses maande om tot op hierdie stadium te vorder .
6 MARKtoe ! Junie 2024