MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 5

The Fruit Farm Group - Schagen-kwekery
LANDBOU

The Fruit Farm Group - Schagen-kwekery

Die gemiddelde besoeker aan Mbombela ( wat in Swazi “ hordes mense in ʼn beperkte ruimte ” beteken ) in Mpumalanga ( wat “ die plek waar die son opkom ” beteken ) is eintlik op pad na êrens elders . Gewoonlik die Nasionale Krugerwildtuin . Hulle huur ʼn voertuig , of klim in ʼn toerbus en pendel deur die omgewing . En ja , hulle is bewus van die bykans ontelbare hektare vrugte- en neuteboorde , maar dis bloot aan die rand van hul visie . Die gesamentlike fokus is gewoonlik op die moontlikheid van olifante of hopelik ʼn spartelende bok in die kake van ʼn leeu . Maar dit gebeur eers wanneer hulle die Kruger bereik .

Niemand kyk daadwerklik na of sien juis die avokadobome raak nie .

Besoek The Fruit Farm Group ( TFFG ) se Schagen-kwekery , daarenteen , en jy sal nooit weer avo ’ s miskyk of misken as jy besef watter pad daardie bome van saad tot vrug op die winkelrak loop nie .

Sakkie Froneman staan agter die stuur van hierdie onderneming . Fiks , insiggewend en inspirerend .

Sakkie : “ The Fruit Farm Group is ʼn internasionale maatskappy met hul hoofkantoor in Brussel , België . Die groep het verskeie landboueenhede reg oor die wêreld . In Brasilië het hulle druiwe , in Uruguay is daar sitrus , Turkye het kersies en vye . In Suid-Afrika verbou ons

Sakkie Froneman is die kwekery- en plaasbestuurder en Steven Gumede die tegniese toesighouer .
5 MARKtoe ! Junie 2024