MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 4

LANDBOU

Van sitrus tot kiwis : Mbombela se landbouskatte

Deur : Hein Eksteen | Foto ’ s : Michel Dei-Cont

Mbombela , die hoofstad van Mpumalanga , staan bekend as die hart van die Laeveld en is ‘ n sleutelrolspeler in die landboubedryf van Suid- Afrika . Hierdie dinamiese dorp , geleë in ʼn sub-tropiese paradys , omring deur welige groen heuwels en ryk vrugbare grond , bied ‘ n ideale klimaat vir die verbouing van ‘ n diverse reeks gewasse . Hier woeker produsente met wêreldgehalte avokado ’ s , makadamias , sitrus , lietsjies , kiwis en grenadellas .

4 MARKtoe ! Junie 2024