MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 7

LANDBOU

selle hul chromosome dupliseer en dan van mekaar afsonder . Die gevolg hiervan is dat twee identiese selkerne ter voorbereiding van selverdeling vorm .

Etiolering of verbleking beteken die langdurige groei van plante in die afwesigheid van lig . Die gevolg hiervan is dat etioplasts in die weefsel ontwikkel eerder as bladgroenkorrels wat sou ontwikkel indien die plant aan lig blootgestel was .

“ Jy het dus ʼn spesifieke klonale onderstam nodig wat weerstand teen die Phytophthora kan bied . En elke onderstam moet soos die volgende een wees . Met ander woorde , jy kan nie ʼn avokadosaad vat en dit plant nie , want as jy ʼn honderd avokadosade geplant het ,

sal hulle van mekaar verskil en dit is voortplanting deur middel van geslagselle . Ons soek klonale voortplanting .”

Elke onderstam is dus identies en bied weerstand teen die pes .

Maar terug na Sakkie en die breë kennis ( en groot woorde ) waaroor hy beskik . Hy klink nader aan ʼn wetenskaplike as aan ʼn boer ( dit is nié te sê dat die moderne landbouer nie wetenskaplik te werk gaan nie – hulle praat net anders ). “ Ek het eers vir agt-en-twintig jaar as navorser by die Landbounavorsingsraad hier in Mbombela gewerk . Daar was ek deel van die kultivarontwikkelingspan . Ek was betrokke by die teel van nuwe lietsjie- en sitruskultivars . Ek het minder met avokado ’ s te doen

Penny Froneman doen alles wat nodig is om dinge by die kwekery vlot te laat verloop .
7 MARKtoe ! Junie 2024