WINKEL
Links : ‘ n Groot voorraad plastiekkratte wat van herwonne plastiek gemaak is , word vir die verpakking en vervoer van vrugte en groente aangehou . Regs : Johan en Vincent bespreek die soort netsakkies vir ’ n spesifieke klant .
Agrimark Packaging Nelspruit bied ook ’ n beperkte reeks huishoudelike produkte aan waarvan skoonmaakmiddels , hondekos en ander nuts-items die belangrikste is . Toerusting soos skêre , handskoene en pluksakke en kissies vir die plukseisoen word ook aangebied . En as klante spesifieke produkte soek , bestel die winkel dit gewoonlik by ‘ n ander Agrimark-winkel . Planne word reeds beraam om die produkreeks verder uit te brei . “ Ons fokus hier is hoofsaaklik op verpakkingsmateriaal , maar ons reël ook grootmaat aflewerings van byvoorbeeld kunsmis en diesel wat ons direk by produsente se plase laat aflewer ,” vertel hy trots . “ Die ekonomie speel natuurlik ’ n belangrike rol in die produksie-siklusse van ons produsente en hulle het die afgelope paar jaar maar swaargekry met droogtes , stygende insetkoste van produkte soos kunsmis en chemikalieë as gevolg van wêreldwye geopolitiese omstandighede en pryse wat nie altyd aan die verwagtinge voldoen nie . Hul insetkoste styg net al hoe meer en winste krimp . En as produsente nie betaal word nie , is daar ook groter druk op die finansieringspakkette wat ons hulle kan bied . Gelukkig is daar die afgelope ruk nie meer beurtkrag nie ,” sê Johan .
47 MARKtoe ! Junie 2024