MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 48

WINKEL

Johan het landbou in sy bloed en het sedert sy kinderdae op ’ n suikerplantasie naby Malelane waar sy pa gewerk het , ’ n belangstelling in hierdie bedryf opgebou . Hy is ’ n mensmens en hy glo daarin dat personeel en klante altyd gemaklik moet wees om met hom te kom praat , dat probleme uitgestryk moet word en dat hulle moet saamwerk om goeie diens te lewer . Johannes Moolman is die operasionele verpakkingsbestuurder van avokadoprodusente HL Hall & Sons , en bevestig dat Agrimark Packaging Nelspruit se diens uit die boonste rakke is . “ Ek is verantwoordelik vir die pakprys van alles wat op ons palette gaan en vir my om kompeterend in die mark te bly , moet ek die beste produkte teen die beste pryse vir my produsente kry . Ek doen deeglike

ontledings van die gehalte en pryse en kan met ’ n skoon gewete sê dat ten minste 80 % van die produkte wat in my palette opgeneem word , van Agrimark Packaging Nelspruit af kom . Hulle is kompeterend , lewer fantastiese diens en hul kommunikasie met ons as klante , is uitstekend ,” sê hy . Volgens Riaan Stassen , produksiebestuurder van Acacia Lakes , grenadellaprodusente , is die winkel bekend vir hul goeie diens . “ As ek ’ n bestelling insit en ek laat weet dat ek op ’ n sekere tyd daar sal wees , dan staan my bestelling altyd gereed vir my om op te laai . En as daar die een of ander haakplek is , laat Johan ons altyd vooraf weet sodat ons presies bewus is van waar ons staan . Dit het al gebeur dat ek op ’ n Saterdag pakmateriaal nodig gehad het en ek kon absoluut alles wat ek nodig

Johan wys vir Vincent op die vurkhyser om van die tak se Tego-houers te verskuif .
48 MARKtoe ! Junie 2024