MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 46

WINKEL

klante het . Ons het goeie verhoudings wat op goeie kommunikasie gebou is . Ek glo nie daaraan om net by produsente te kom as ek produkte wil gaan verkoop nie . Ons verkoop mos nie net nie ; ons sorg dat daar wedersydse vertroue in ons bedryf gebou word ,” sê hy . “ Ons besoek die produsente om hul behoeftes vir die komende seisoen te bepaal en saam die beplanning en oesskattings te doen sodat ons kan vasstel watter pakmateriaal hulle sal nodig kry . Dan werk ons saam aan die begrotings en skedules vir die volgende ses maande om te verseker dat hulle die regte materiaal op die regte tyd kry en veral om seker te maak dat ons daardie pakmateriaal betyds kry en volgens hul spesifieke behoeftes kan verskaf .”

Links : Johan is voortdurend besig om pakmateriaal vir klante te reël . Regs : Die binnekant van die stoor is tekenend van die hooffokus van die winkel : pakmateriaal .

Zander Groenewald , ’ n gereelde klant , vertel dat Johan baie deeglike klantediens lewer . “ Hy bel gereeld en kom drink koffie , maar is ook baie vinnig om kwotasies te stuur as ons daarvoor vra . Hulle pryse is kompeterend in vergelyking met die res van die mark en sy persoonlike verhoudings met ons as produsente is topklas . Hy volg gereeld op as ons navrae gehad het en sy vinnige reaksie verseker dat ons ons produkte betyds kan kry .” Agrimark Packaging Nelspruit is een van 11 Agrimark Packaging takke wat verskaffers is van gespesialiseerde pakmateriaal . Dit sluit spesialisprodukte vir byvoorbeeld die avokadopeerbedryf in . Hulle bied egter ook ander produkte soos kartonne vir verskillende produkte , gasvelle , papiervoerings , plastieksakke , etikette en bande waarmee kartonne , palette en kratte toe- of vasgemaak word . Die pakmateriaal is uiteraard ook daarop gemik om produkte korrek te verpak vir die uitvoermark .

46 MARKtoe ! Junie 2024