MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 42

LANDBOU
Links : Nadat die avokado ’ s hier gewas is , word hulle gedroog en is hulle gereed om in HL Hall & Sons se pakhuis geklassifiseer en verpak te word . Regs : Só lyk Klas 1 avokado ’ s .

word . Die vol palette word dan weer onmiddellik ondertoe geneem na ʼn koelkamer waar hulle teen vyf grade gehou word om die vrugte se pulptemperatuur baie stadig te laat daal . Vier-en-twintig uur later word die vrugte verder verkoel tot nul of nul-punt-vyf grade Celsius .

“ Hulle is baie streng as dit kom by die uitlaai van kiwi ’ s en die vrugte kan nie in containers gepak word as daai pulp se temperatuur nie ten minste op een graad is nie . Maar ek dink die Golden Kiwi – dis nie die Fruit Kiwi nie – is regtig besig om vlam te vat .”

Halls het hul eie lietsjieboord van 18 hektaar en daar is drie ander boere in die omgewing wat ook aan die pakhuis lewer .

“ Ons het verlede jaar om en by 800 ton gepak , almal die Mauritiuskultivar . Jaarliks pak ons ʼn bestelling wat na die VSA toe gaan en wat ʼn baie goeie return gee . Die res van die lietsjies gaan Europa toe na ons eie outlets toe .”

Alles behalwe ekstra groot – dit is nou groot en medium – word egter versap .

Hoe verloop ʼn operasionele verpakkingsbestuurder se dag ?

00 MARKtoe ! Junie 2024