MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 41

LANDBOU

Suid-Afrika , vrugte wat aan smouse voorsien word en laastens , vrugte waarvan guacamole en olie gemaak word .

“ Dit is ons mikpunt om op alle vlakke die beste pryse vir boere te beding . Halls verstaan die proses beter as die meeste ander – ons is boere , ons bedryf pakhuise en ons voer uit .”

Nog ʼn terloops : in 2018 begin drie boere in die omgewing om kiwi ’ s te plant .

“ Dit was ʼn groot leerskool vir almal . Ek meen , ek het in my lewe nog nooit ʼn kiwi gepak nie en moes maar leer hoe om dit te doen . Ek het die pad saam met die boere gestap en ek glo ons het bo uitgekom . Die manne se volumes het lekker opgetel en dit is hoekom hulle na

Halls toe moes skuif omdat die ander pakhuis eenvoudig net te klein geword het . Vandag is daar ses boere wat kiwi ’ s plant .”

Die kiwi is temperamenteel en moet in temperature laer as 15 grade Celsius gepluk word . En dit gebeur in die Laeveld en in die somer . Boonop is dit die omgewing se primêre reënvaltyd .

“ Avo ’ s en kiwi ’ s kan glad nie in die reën gepluk word nie . Avo ’ s se skille kry kolletjies , maar kiwi kan jy glad nie pluk nie . Muf vorm en dit is onaanvaarbaar . Daarom probeer ons hulle droog hou .”

Die droë kiwi ’ s kom by die pakhuis aan en word teen 15 grade Celsius gehou . Daarna word die bins tweetwee na die tweede vloer geneem waar hulle onmiddellik verpak

Johannes Moolman is die operasionele verpakkingsbestuurder saam met Samkelo , sy assistentbestuurder .
41 MARKtoe ! Junie 2024