LANDBOU
Avokado ’ s word geklassifiseer vir uitvoer of vir plaaslike gebruik .
maatskappy uit te voer nie .
“ Alhoewel ek nie by Halls se boerdery betrokke is nie , werk ek baie nou saam met vyf ander produsente . Ons het negentien boere wat hier by ons pak . Dan het ons ook ons eie plase bo in Tzaneen en daardie produkte word ook hier verpak .”
Johannes begin die seisoen tussen November en Januarie met die verpakking van lietsjies . Aan die begin van Februarie kom kiwi ’ s vir ʼn maand lank aan die beurt . Onmiddellik daarna word avokado ’ s tot in Augustus verpak .
“ Daarna word voorbereiding en maintenance vir die volgende seisoen gedoen .”
Hierdie onderhoudswerk is van kardinale belang aangesien die pakhuis gereeld vier-en-twintiguur per dag operasioneel is .
“ Ons pak so 240 tot 280 bins per dag . Dit sluit ook kersies in wat in Magaliesberg verbou word , sowel as sitrus .”
Johannes praat onlangs met drie boere wat met beide avokado ’ s en makadamias boer en hierdie produsente is net te dankbaar hulle het wel ook avokado ’ s nadat die makadamiapryse soveel gedaal het .
“ Nouja , dit is maar die wipplankryery van boerdery . Avo ’ s is tans ook onder druk – veral in ons area .”
Weereens steek die Peru-faktor sy kop uit .
“ Avoboere in KZN en Soutpansberg lewer vroeër en later en mis dus daardie tsoenami van vrugte wat Europa binnekom .”
38 MARKtoe ! Junie 2024