MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 39

LANDBOU

Hierdie mededinging beteken dis baie belangrik dat Johannes presies moet bepaal hoeveel daar per dag gepluk moet word en hoe vinnig die produkte verskeep kan word .

“ Sodat jou produkte op die regte tyd in Europa aankom en ons ʼn redelike prys kan kry .”

Volgens Johannes is die ander groot voordeel van avokado ’ s die feit dat niks van die vrug weggegooi word nie .

“ Ons stuur selfs die baie klein vruggies sodat olie daarvan gemaak kan word .”

Avokado ’ s word as volg in die pakhuis gegradeer : uitvoer , tussen uitvoer en plaaslik ( Ripe and Ready wat op die oomblik aan supermarkte voorsien word , val in hierdie kategorie ), plaaslike markte orals in

Bo : Hierdie is die 10 kg verpakking vir die plaaslike mark . Onder : In hierdie koelkamer word warm lug uitgesuig en koue lug van bo af ingepomp . Hierdie moderne proses neem ses uur teenoor ouer stelsels wat 36 uur geneem het .
00 MARKtoe ! Junie 2024