MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 36

LANDBOU

& Sons se geskiedenis by wyse van foto ’ s uitgebeeld is .

Voorgrootjies HL en Grace begin in omtrent 1890 op Riverside Farm boer . Aanvanklik sukkel die twee , maar nie baie lank daarna nie loop dinge klopdisselboom en word COD Fresh Produce Mail Orders van stapel gestuur . Op een stadium is die maatskappy die grootste sitrusprodusent in die Britse Statebond . In so ʼn mate dat selfs Koning George en Koningin Elizabeth die Halls in 1947 besoek . Cyril Clark Hoërskool , die eerste swart skool van hierdie aard op privaat grond , open in 1979 .

In 1992 hou die Halls op met sitrusproduksie en fokus hulle op avokado ’ s en dis waar Johannes die leiding neem .

Hy het ʼn jaar gelede by die maatskappy aangesluit en is onder andere verantwoordelik vir drie uitvoerders se verpakking .

Johannes : “ Ek kyk na die rypheid of volwassenheid van elkeen van die produsente se vrugte en bepaal dan na watter markte ons verskeep . Ons vergader elke week met ons buitelandse bemarkingspanne en ek maak seker die pakhuis loop teen volle kapasiteit .”

En hy kry dit uiteraard reg . Johannes se betrokkenheid kom egter met wye draaie en swaaie .

“ My pa is ʼn predikant en dus het ek all over grootgeword . Ek is in Graaff-Reinet gebore en het oral in die land gebly . Ná skool het ek meganiese ingenieurswese studeer en drie ambagte gedoen –

HL Hall & Sons se pakhuis gedurende die ou dae .
36 MARKtoe ! Junie 2024