HL Hall & Sons - Avopakhuis
LANDBOU
HL Hall & Sons - Avopakhuis
Die GPS beduie daar moet regs afgedraai word . Die padteken , daarenteen , belowe hierdie is ʼn doodloopstraat . Oningeligte besoekers volg die GPS en begin later dalk glo hulle is in die verkeerde omgewing . Behuisingskomplekse hier en daar en dan ʼn area wat na ʼn industriële gebied met massiewe skure en werkswinkels lyk . Selfs ʼn treinstasie . Uiteindelik loop die pad voor HL Hall & Sons dood . Korporatief . Indrukwekkend .
Johannes Moolman is die pakhuis se operasionele verpakkingsbestuurder . Ons volg hom na sy kantoor . Op pad soontoe stap ons ál langs ʼn muur waarteen HL Hall
Bo : Johannes Moolman het ná skool meganiese ingenieurswese gestudeer en toe het hy drie ambagte gedoen . Nog ʼn paar draaie en hy sluit by HL Hall & Sons aan . Terloops , hy is ook ʼn Springbok-judoka . Onder : Sedert HL Hall & Sons se beskeie ontstaan in 1890 het die organisasie tot ʼn reus met vele fasette gegroei .
35 MARKtoe ! Junie 2024