MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 34

LANDBOU

Van die uitvoerdraakvrugte wat wel soos Kurt-Lee Arendse deur die uitdagings se gapings systap , word negentig persent na Europa uitgevoer en die res na die Midde- Ooste . Verskeie agente bemark die vrugte en hulle speel ’ n belangrike rol om die produk betyds en vars op die regte plekke te kry .

Kuifkop beskik ook oor ʼn pakhuis op die plaas .

“ Alles wat ons vanoggend oes , word vandag verpak . Vannag word dit verkoel en die volgende dag ry ons hulle uit . Ons probeer dus om die vrugte so gou as moontlik by hul bestemmings te kry . Gedurende ons piektye , oes ons tot en met 12 ton per dag , maar dit is darem nie aanmekaar so nie .”

Volgens gerugte , eet omtrent alle Chinese ʼn draakvrug voor elke maaltyd – maak nou die som oor hoeveel vrugte dit beteken . Die vrug is ryk aan verskeie voedingstowwe en natuurlik yster wat help om suurstof na al die belangrike dele van die liggaam te vervoer . En baie suurstof na die brein toe , beteken helder denke . Dit maak dus sin dat almal wat helderdenkend wil wees , draakvrugte sal wil eet . Daar is duidelik ʼn groot en groeiende mark .

Die verbouing van draakvrugte is relatief nuut in Suid-Afrika en kennis was skraps en moeilik bekombaar . Daar is tans buitelandse kontakte , maar hulle praat nie juis Engels nie .
34 MARKtoe ! Junie 2024