LANDBOU
dan die baie reën gedurende ons oestyd . Hierdie jaar was nie so ʼn groot probleem nie . Maar twee jaar gelede het ons rekordreën gehad . Ons is natuurlik baie dankbaar vir die reën , maar dit is baie moeilik om te oes as jy 400 mm reën in ʼn maand ontvang .”
Markontwikkeling was tot onlangs ook ’ n groot uitdaging .
“ Ons sit egter nou met gesonde markte , plaaslik en in die buiteland , en ons het goeie samewerkers aan die bemarkingskant .”
Die verbouing van draakvrugte is relatief nuut in Suid-Afrika en aan die begin was kennis skraps en moeilik bekombaar .
“ Ons het darem nou kontakte in die buiteland wat ons help . Die probleem daarmee is dat die mense
wat oor die kennis beskik , nie Engels praat nie . Daar was absoluut geen kennis oor draakvrugte in ons land nie . Dit was ons nou weet , het ons self geleer .”
Die breë omgewing rondom Freddie se plaas is die grootste gebied in die land waar draakvrugte verbou word . Dit is nou Mpumalanga en Limpopo . Daar is egter ook aanplantings in die Oos-Kaap , die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal . Basies die omgewings waar ryp nie sy kop uitsteek nie . Ryp is egter nie die enigste maaifoedie nie . In die Wes-Kaap waar draakvrugte byvoorbeeld naby Robertson geboer word , is hitte en droogte moeilike uitdagings . In die noorde van Limpopo is hitte weereens ʼn bepalende faktor .
Blare ouer as drie jaar word weggesnoei . Die volgende seisoen word met die oorblywende blare geboer . Nuwe blare kom ʼn jaar later in produksie .
33 MARKtoe ! Junie 2024