MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 32

LANDBOU

volmaan .”

Ses oeste per jaar . Die eerste in Desember en die laaste in Mei . Dus word daar vir bykans ses maande lank geoes .

Die draakvrugteboer se jaar verloop as volg : die plante bot in die lente en van bot tot blom vat ʼn maand . Van blom tot oes gebeur baie vinnig – nog ’ n maand . Gedurende hierdie tyd word die plante bemes om blomset te verseker . Dan skop die oesseisoen in tot Mei . Daarna , gedurende die winter , word gesnoei en oesbemesting word toegedien om vir die volgende seisoen gereed te maak . “ Wanneer ons snoei , word die blare wat twee tot drie dae oud is , behou . Dié wat ouer is , snoei ons weg . Ons boer dus die volgende

seisoen met daardie blare , terwyl nuwe blare vir die jaar daarna uitgroei .”

Nuwe blare neem ongeveer ʼn jaar alvorens hulle volwasse is en vrugte dra .

Dit is omtrent onmoontlik om te dink dat iets so mooi soos die draakvrug enige uitdagings kan inhou .

“ Die eerste uitdaging , soos voorheen genoem , is dat ons amper organies moet boer , maar dit beteken ook baie voordele oor die langtermyn . Ek moet bysê dat die meeste boere weghardloop as hulle net die woorde ‘ organiese boerdery ’ hoor . Noem dan ook die peste . Kyk , ons sit met makadamias reg rondom ons en hulle het dieselfde peste . Plantluise , blaaspootjie en bladspringer is van die grootste . En

Pieter Wolmarans is die plaasvoorman en hier is hy besig om die strukture waarteen die draakvrugte oprank , te fatsoeneer .
32 MARKtoe ! Junie 2024