LANDBOU
watter variëteite aangeplant is . Party landbouers bestuif per hand in die aand aangesien die blomme dan lekker groot oop is .
“ Ons verbou net variëteite wat selfbestuiwend is . En die insekte en die bye help natuurlik baie . Gedurende die somer wanneer die bome blom , beweeg die insekte laatmiddag die boorde in en wanneer die blomme om en by negeuur soggens toemaak , het die insekte klaar gedoen wat hulle moes .”
Die meeste variëteite blom van November tot Maart elke twee tot vier weke . Soms is daar nie elke twee weke blomme nie – soos met alle skoonhede , beïnvloed die maan se siklusse ook hierdie pragtige plante se biologiese prosesse .
“ Dan wag ons vir nuwe- of
Jackson Comole is ʼn vaardige sweiser en is saam met Pieter verantwoordelik vir die maak van die strukture waarteen die draakvrugte oprank .
00 MARKtoe ! Junie 2024