LANDBOU
Draakvrugte word opgelei teen sementpale met staalringe bo-op om teen op te rank .
verlede jaar 60 persent uitvoer .”
Die besigheid is nie as organies geregistreer nie , aangesien sintetiese kunsmis gebruik word , maar daarenteen hulle pesbestryding is ten volle organies .
“ Dit was ʼn groot aanpassing . Jy kan nie gif vir die beheer van swamme of insekte op die plante spuit nie . En dit het tyd gevat voordat ons geleer het om die hele proses reg te bestuur . Ons kry natuurlik steeds probleme met peste , en swamme en daardie besmette takke moet dan fisies gesnoei word . Die oorskakeling kom definitief met baie uitdagings ,” sê hy .
Spesifieke roofinsekte word vir spesifieke peste ingespan – in Freddie se geval word die insekte in Kenia geteel en ingevoer deur maatskappye wat daarin spesialiseer .
“ Hierdie proses gebeur op die ewenaar waar die klimaat die hele jaar dieselfde is . Ons koop die insekte , vlieg hulle in en laat hulle so gou as moontlik vry in die boorde . Hierdie insekte bly natuurlik net solank op die plaas as wat daar vir hulle kos en blyplek is .”
Bestuiwing word bepaal deur
00 MARKtoe ! Junie 2024 www . dixonbatteries . co . za