LANDBOU
sodra hulle groter is . Op dié manier is jou kans op sukses net soveel groter ,” vertel hy .
Drupbesproeiing word ingespan . Draakvrugte wil nie permanent in nat grond staan nie en dit is belangrik dat die grond behoorlik tussen besproeiingsiklusse uitdroog .
“ Mense dink altyd draakvrugte verg min water omdat dit ʼn kaktus is . Dit is weliswaar ʼn kaktus , maar een wat in tropiese omgewings groei . Daarom gebruik ons dieselfde volume water as die ander gewasse wat om Nelspruit verbou word .”
Water vir besproeiing kom uit Lemoenspruit wat eers na Freddie se plaasdam gepomp word vanwaar daar uiteindelik besproei word .
Ongeveer agt jaar gelede moes Freddie en sy familie daadwerklik
ʼn kopskuif maak . Die rede hiervoor was dat hulle geforseer is om vervolgens geen chemiese produkte te gebruik indien hulle die vrugte wou uitvoer nie .
“ As jy wil uitvoer , mag jy niks spuit nie . Indien chemiese residu op jou vrugte gevind word , gaan hulle dit nie vat nie . Vir die afgelope ses jaar gebruik ons dus zero chemiese produkte .”
Daar is egter nie ʼn tekort aan siektes en peste op die plaas nie , maar alles word organies , biologies en met behulp van predatore bestry .
“ Hierdie proses is natuurlik aansienlik duurder . Die boorde moet skoon gehou word en dit gebeur deur die hele jaar . Maar daar is deesdae toegang tot goeie produkte op die mark en ons kon byvoorbeeld
Hier word die droë blom om die vrug verwyder .
29 MARKtoe ! Junie 2024