LANDBOU
feëryk bevind . Die pad na Jackey le Roux se draakvrugteplaas in die Oos-Kaap vat besoekers oor kabbelende waterstroompies en tussen lower bome tot by haar sprokiespaleis teen die bult .
Mik egter vir Freddie Steyn van Kuifkop-beleggings se plaas in die Laeveld , en jy ry oor bulte en deur dale , deur wat sonder veel verbeelding , reënwoude kan wees en die pad eindig eweneens hoog teen ʼn bult met die huis wat oor ʼn vista uitkyk wat tot in die bloue niet strek .
Werkers was en politoer verskeie voertuie op die werf .
Freddie : “ My broer trou môre en ons moet vandag nog ry .”
Soos dit enige landbouer betaam , is beplanning en noukeurige
voorbereiding ook vir Freddie van kardinale belang .
“ Ons het die plaas in 2014 gekoop . Ek het twee jaar later betrokke geraak en , ja , ons doen redelik goed .”
In ʼn omgewing oorwegend oortrek met avokado ’ s en makadamias en tot ʼn mindere mate kiwi en lietsjie , hoekom juis die draakvrug ?
“ Hulle pas goed aan in ons klimaat . Maar ons het redelik navorsing gedoen voordat ons begin het en ons het ʼn paar plekke besoek waar draakvrugte geplant is . Daarna het ons gedink ons sal ʼn sukses daarvan kan maak . Daar was heelwat meer uitdagings as wat ons aanvanklik gedink het , maar ons is daardeur .”
Die onmiddellike omgewing waar Freddie in vrede met sy drake lewe ,
Die draakvrugteboer se grootste uitdagings is om biologies en organies te boer en dan die peste wat van die vele omliggende avokado- en makadamiaplase kom , te bestry .
26 MARKtoe ! Junie 2024