LANDBOU
is nie onderworpe aan koue en ryp nie . Daarbenewens word die gebied ook nie baie warm nie .
“ Ons is so net bo 900 meter bo seespieël , omtrent 150 meter hoër as Nelspruit , en dit is in die somer hier by ons ʼn goeie vier grade koeler as daar en in die winter weer ’ n paar grade grade warmer . So dit is lekker matig . Ons het boonop genoeg water vir besproeiing en omdat ons hier teen die helling sit , dreineer ons grond goed .”
Draakvrugte word teen strukture opgelei – baie soos die opgeleide wingerdstok . Sementpale word in die grond geplant met iets bo-op wat ’ n mens baie aan ʼn asimmetriese wawiel herinner .
Plaasvoorman Pieter Wolmarans en sweiser Jackson Comole is hoeka
besig om hierdie strukture te maak . Terloops , Pieter wil nie as ’ n produksiebestuurder bekendstaan nie – volgens hom klink voorman baie vernamer .
Freddie : “ Ons het besluit om eerder twee plante per struktuur te plant . Die rede daarvoor is ingeval jy storms kry en die strukture omval , val die hele ry nie om nie . Ons het voorheen met grenadellas geboer en dit daar geleer .”
Die plantpopulasie , afhangend van die kultivars , is tussen 800 en 1 300 pale per hektaar ( en dus dubbel die getal bome ). Die rye is tussen drie en vyf meter van mekaar af met om en by twee tot drie meter tussen die pale .
“ Die plante word eers in die kwekery gewortel en dan uitgeplant
Die draakvrug kry dié naam weens die skerp punte wat lyk na vlamme en die skubbe wat lyk na dié van ʼn draak .
27 MARKtoe ! Junie 2024