MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 24

LANDBOU

Suid-Afrikaanse avomark voor te stel . Hulle sal ons pakhuis en plaas besoek om te kyk of alles op standaard is voordat hulle finale goedkeuring gee vir ons om na hulle toe uit te voer .”

Patrick was voorheen in beheer van al die fasette op die plaas : die avopakhuise , die avo- en makadamiaboerdery en dies meer . Die maatskappy het egter tot so ʼn mate gegroei dat Zander as operasionele

bestuurder van beide die pakhuis en die boerdery aangestel is .

“ Ons het ook ʼn bestuursooreenkoms met The Fruit Farm Group SA aangegaan wat ons glo die regte stap is om die besig-heid na die volgende vlak te neem . Jacques werk vir TFFGSA en hy het by ons span aangesluit . Ek glo ons drie werk baie goed saam en ons is ʼn formidable force wat die besigheid vir ewig in die geskiedenis gaan vestig .”

Bo : Makadamias in hul verskeie stadiums van ontwikkeling . Onder : Makadamiabome word tot op ses meter gesnoei . As hulle hoër is , sal die spuitkarre nie kan bykom nie en dus sal die oes van die vrugte onmoontlik word .
24 MARKtoe ! Junie 2024