MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 22

LANDBOU
Die verpakkingsmateriaal word in kliniese omstandighede deur hierdie masjien aanmekaar gesit .

Onthou , jou boorde moet nou bewaak word ,” beduie hy .

Sindikate is geneig om met plukkers en vragmotors op te daag en tonne in een nag af te haal .

“ Dit is darem nog nie hier die geval nie , maar daar is wel plekke waar dit gebeur .”

Zander : “ Die grootste probleem met diefstal , is dat ons verskeie toetse doen om te bepaal of die vrugte volwasse is voordat ons begin pluk . Die skelms pluk voor die voet en stuur die avo ’ s na die markte in Johannesburg . Mense gaan koop die avo ’ s en hulle word nie ryp nie , eerder vrot .”

En ál die avo-produsente se reputasies ly daaronder .

Terug na Peru as uitdaging – daardie kuttel in die drinkwater met

betrekking tot die plaaslike avoproduksie en die gepaardgaande internasionale markte .

Met BRICS wat in die lewe geroep is , behoort nuwe markte egter vir Suid-Afrika geskep word .

“ Die meeste van ons uitvoere sal steeds na Europa toe gaan as gevolg van die goeie pryse wat ons daar kry . Die EU en die VK betaal die beste vir avo ’ s , en ons dink nie dat dit vinnig sal verander nie . Alhoewel nuwe markte vir SA oopgaan , sal hulle slegs ʼn klein volume van ons oes kan vat . En uitvoere na China , Japan en Indië het ook hul eie uitdagings . Japan vereis dat ons die vrugte verskeep met ʼn temperatuur van onder twee grade Celsius – avo ’ s kan dit nie hanteer nie . China vereis weer dat ons die vrugte met

22 MARKtoe ! Junie 2024