MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 20

LANDBOU
Khozeni probeer om elke jaar dieselfde spanne van seisoenale werkers in die pakhuis aan te stel om sodoende onnodige of herhaaldelike opleiding te vermy .

en die feit dat makadamias uiters prakties is om mee te boer . Boere het ander gewasse verwyder en makadamias geplant . Nou begin al hoe meer boere om ouer variëteite van makadamias uit te haal en met nuwes of selfs met avokado ’ s te vervang . “ Ja , ons het self al daarmee begin .” Hierdie is dus ʼn goeie plek om terug te keer na avokado ’ s .

Jacques : “ Om avo ’ s te vestig , werk presies dieselfde as makadamias . Onkostes is soortgelyk . Die grond word net so voorberei en dan laat rus . Dan kies ons die variëteite en dit is belangrik , want die variëteit bepaal hoe die boompies geplant gaan word .”

Volgens Jacques neem die avokadopeerboom drie jaar om in produksie te kom . Jaar sewe is die boom volwasse en die produsent begin dan letterlik die vrugte van sy belegging pluk . Indien alles voorspoedig verloop , produseer die bome vir ongeveer 35 jaar waarna hulle met die dieselfde kultivars vervang word , of ander wat meer geskik vir die omgewing is .

MyRide Commercial Paarl

T ’ s & C ’ s Apply
00 MARKtoe ! Junie 2024
34 Jan Van Riebeeck Dr , Bella Vista , Paarl , 7646