MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 19

LANDBOU
Indien alles voorspoedig verloop , produseer avokadobome vir ongeveer 35 jaar .

daagliks bestudeer om die insekaktiwiteit te bepaal . Ons gebruik ʼn geïntegreerde pesbeheerprogram met chemikalieë en biologiese middels om insekdruk te beheer .”

Die logiese vraag : hoekom is hierdie omgewing juis geskik vir makadamias ?

“ Ek glo hierdie gebied is vir enigiets geskik . Ons het baie ryk grond en dit saam met die reënval en humiditeit speel goed saam . Die enigste probleem hier is die groot hoeveelheid bos en die groot verskeidenheid daarvan . Daarmee kom ʼn groot verskeidenheid insekte wat van een boom na die volgende een spring .”

Volgens Zander is die grootste uitdaging juis die bogenoemde werklikheid : die magdom insekte en die beperkings wat op makadamiaboere geplaas word ten opsigte van die toelaatbare spuitmiddels wat hulle mag gebruik .

“ Boonop oorleef daar ongeveer tien persent van die insekte , aangesien hulle immuniteit teen sekere groepe chemikalieë opbou .”

Volgens Zander was almal die afgelope 20 jaar op die makadamiatrein weens die goeie opbrengs

00 MARKtoe ! Junie 2024