MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 18

LANDBOU

daardie tonnemaat te hou , is onder andere snoeiwerk . Bome moenie hoër as ses meter wees nie anders raak dit onmoontlik om te pluk en ons spuitkar kan nie hoër as dit bereik nie . Hoë bome keer ook sonlig wat noodsaaklik is vir nuwe groei , fotosintese en vrugset . Daarna sak produksie weer na ongeveer twee tot twee-punt-vyf ton per hektaar .”

Die makadamiaboer se jaar verloop as volg : Gedurende April tot Junie word geoes en onmiddellik daarna begin die snoeiwerk , waarna die bome vir tot twee maande in rus gaan . ʼn Taklyn word in die middel van die boord gemaak en ʼn deklaag van fyngekapte blare en takke word op die grond geplaas om die grondtemperatuur laag en die grond klam te hou . Botsels word

daarna gevorm en byekaste word orals op die plaas versprei om met bestuiwing te help . Die bome gaan dan in volle blom waarna hulle met sink , boor en seewier behandel word deur die middels twee keer op die blomme te spuit . Vrugset gebeur tussen September en Oktober en die eerste vrugte val in November af .

“ Dan is dit ʼn baie slegte tyd om in die boorde rond te loop , want al jou babas lê op die grond .”

Net ná vrugset word die eerste insekbehandeling toegedien .

“ Dan begin ons met kunsmis en die toediening van uitgewerkte water . September behandel ons ook die bome vir wortelvrot deur PhosGuard aan die stamme te verf . Tot en met oestyd word die bome

Avokadobome neem tot agt jaar om in volle produksie te kom en dan begin die produsent se finansiële sukses behoorlik blom .
18 MARKtoe ! Junie 2024