MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 17

LANDBOU

die beste in hierdie omgewing aard . Ons besluit vooraf watter kultivar die beste in die tipe grond en klimaat van die area sal aard , asook watter kultivar die grootste opbrengs in terme van tonnemaat per hektaar en grootte van die neut sal lewer . Ons koop die bome slegs by ’ n kwekery met ʼ ’ n goeie reputasie en registrasie , maak die walle waarop hulle gaan groei noord na suid , grou die gate en plant .”

Makadamiabome bereik ná ongeveer sewe tot agt jaar volle produksie en gedurende daardie jare pluk die boer natuurlik nié die vrug van sy belegging nie .

“ Ons koop die bome slegs by ’ n kwekery met ’ n goeie reputasie en registrasie , maak die walle waarop hulle gaan groei noord na suid , grou die gate en plant .”

“ Van die agtste jaar af oes jy omtrent twee ton per hektaar . Die bome dra al vroeër , maar die kommersiële som maak nie sin nie , jou insette is baie meer as die hoeveelheid neute wat jy afhaal . Ons oes dus die neute en stuur hulle vir prosessering . Ons gee die boom slegs kunsmis en water , maar boer nie die oes nie . Daarna gaan dit vir omtrent 10 jaar op na drie tot vier ton per hektaar , afhangend van die boom se gesondheid . Die grootste struikelblok om produksie op

17 MARKtoe ! Junie 2024