MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 16

LANDBOU

jare behou , maar nadat dr Khoza , voorsitter van Discovery Bank , die besigheid gekoop het , is die naam uiteindelik na Khozeni verander .” Terloops , dr Khoza is ʼn merkwaardige persoon . Bo en behalwe politieke aktivis gedurende die Apartheidsjare , akademikus en besigheidsreus , is hy ook ʼn talentvolle musikant en nou landbouer .

Voordat ons egter met Khozeni se avokadopeerbome voortgaan , fokus ons eers op die plaas se makadamiaboorde .

Die verbouing van makadamianeute het oor die afgelope jare ʼn draaiduik beleef as gevolg van die beperkings verbonde aan uitvoere gedurende COVID-19 , die oorlog in die Oekraïne , die ekonomiese resessie in Europa en die dalende

aanvraag in China . Eweneens sukkel avokadopere as gevolg van die feit dat Suid-Afrika en Peru se produk die wêreldmark op presies dieselfde tyd tref . Boonop groei laasgenoemde teen ʼn verbysterende snelheid .

Maar , soos almal weet , ʼn boer maak ʼn plan .

Terug na die vestiging van makadamiabome .

Nadat die nodige toestemming van verskeie owerhede ontvang is , word die toekomstige boorde ontbos en die klippe verwyder .

Zander : “ Daarna is grondmonsters geneem om te bepaal wat die grond se voedingswaarde is en die grond word toe die regte kos gegee . Toe alles reg was , moes besluit word watter kultivars

Oor die afgelope 20 jaar was makadamias ʼn baie gewilde gewas om te verbou weens die goeie opbrengs en die feit dat hulle uiters prakties is om mee te boer . Tans is daar egter ʼn dalende aanvraag in die buiteland .
16 MARKtoe ! Junie 2024