MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 14

LANDBOU

boompies vir drie weke in ʼn donkerkamer geplaas om te etioleer en wit te word omdat dit in donkerte groei [ dis nou die etiolering of verbleking waarna vroeër verwys is ]. Die rede hiervoor is as jy hormone wil bysit , moet dit op daardie soort loot wees anders kry jy nie goeie wortelvorming nie . En dit maak hierdie proses heeltemal anders as enige ander vorm van kweek .” Sodra hierdie stap voltooi is , word ʼn staalring aan die onderkant van die klonale onderstam geplaas sodat die oorspronklike loot en pit uiteindelik wegval . Hierdie onderstamme word aan die bokant met hormone behandel om wortels te vorm .

Terloops , die oorspronklike saad word bloot as surrogaatsaad gebruik en vorm geen deel van die uiteindelike boompie nie .

Vervolgens word die boompies in groter sakke geplaas en uiteindelik oorgeplaas na die finale sakke , gereed om verskeep te word .

Die duidelik nie ʼn proses wat enigeen sommer in sy agterplaas aanpak nie .

TFFG se Schagen-kwekery ontwikkel onder andere avokadoboompies vir beide die plaaslike en buitelandse markte .
14 MARKtoe ! Junie 2024