MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 13

LANDBOU

In een van die tonnels staan volwasse boompies wat reeds aan ʼn produsent in Zambië verkoop is , en wag om verskeep te word .

Hierdie boompies gaan deur nege stadiums van ontwikkeling . Dit teenoor ons almal wat al stokkies in avokadosade gesteek het en hulle tevergeefs in water laat staan het .

Die behoorlike manier is as volg : die saad word in ʼn sakkie met ʼn groeimedium geplaas . Die groeimedium is die hare en fyngekapte dop van die kokosneut – klapperhaar – en ʼn loot ontwikkel .

“ Dan bring ek die klonale onderstam . In ons geval is dit of Bounty of Dusa ( TFFG is die geregistreerde eienaars van eersgenoemde ). Een van hulle , Bounty of Dusa , word dan op die oorspronklike loot geënt .”

Bounty vaar uitstekend in KwaZulu-Natal weens die koeler grond en veral waar bloekomplantasies byvoorbeeld verwyder is om avokado ’ s te vestig . Ook in Nieu- Seeland , met soortgelyke grond en klimaat is boere baie tevrede met die onderstam se prestasie . Die onderstam vaar ook baie goed wanneer herplanting gebeur , waar ou avokadoboorde met nuwe bome vervang word . Dusa vaar weer baie goed in Tzaneen-omgewing se diep , vrugbare rooigrond .

“ Maar die proses is nog ingewikkelder . Nadat die kultivar op die onderstam geënt is , word die

Avokadosade ontkiem in klapperhaar wat uit Mosambiek afkomstig is .
13 MARKtoe ! Junie 2024