MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 12

LANDBOU

“ Sommige van hierdie boere gaan deur TFFG bemark en versprei .”

Vervolgens ontwikkel Indië onlangs ʼn smaak vir die groen goud en Sakkie beplan om ʼn proefbesending na daardie land te verskeep .

“ Daar kan baie interessante goed ontwikkel indien jy na die groot hoeveelheid potensiële eters kyk .” Skaars twee weke gelede het ʼn Egiptiese afvaardiging ook besoek by Schagen Nursery afgelê .

“ Hulle het na ons opset kom kyk en het reeds ʼn bestelling geplaas .”

Hierdie plaaslike en buitelandse uitbreidings help die kwekery om meer lewensvatbaar te bly , aangesien die plaaslike aanvraag tans heelwat laer is .

“ Kyk , voorheen het mense geglo die avokado maak vet . Dit is nie waar nie . Die avokado bevat proteïene en vet wat goed is vir cholesterol . Jy kan omtrent nie genoeg avo ’ s eet nie .”

Mikroklone soos hierdie word na die buiteland uitgevoer waar die aankopers hulle verder in hul eie kwekerye ontwikkel . Dis iets waarop die Schagenkwekery nou veral fokus .

Stap saam met Sakkie en Steven Gumede , die tegniese toesighouer , en die skaal van hierdie onderneming word duidelik . Gedurende ʼn jaar waartydens die aanvraag hoog is , produseer Schagen tussen 110K en 120K boompies .

12 MARKtoe ! Junie 2024