MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 11

LANDBOU

Hoe is dit dan moontlik dat die avokadobedryf oor die afgelope jare soveel verswak het ? Landwyd is na avokado ’ s as groen goud verwys .

“ Dit was goud , maar die pryse het oor die afgelope twee tot drie jaar verswak . Daar is verskeie groot redes . Eerstens het COVID die bedryf ʼn knock gegee . Toe het avokadoproduksie in Peru geweldig toegeneem en Peru kompeteer direk met ons , want hulle seisoen is dieselfde as ons s ’ n . Gooi hulle groot volumes op die mark , dan val die prys .”

Produsente wat steeds geld maak , is diegene wat óf vroeër , óf later as Peru op die mark is en dus oor daardie klein venster beskik .

“ Met ander woorde , jy kan nie ʼn avokadosaad vat en dit plant nie , want as jy ʼn honderd avokadosade geplant het , sal hulle van mekaar verskil en dit is voortplanting deur middel van geslagselle . Ons soek klonale voortplanting .”

Ontkiemingsbeelde :
1 . 2 . 3 .
1 . Saadontkieming . 2 . Klonale enting op onderstam . 3 . Etiolering ( verbleking ).
4 . 5 . 6 .
4 . Staalring om die saad te aborteer . 5 . Toediening van die wortelhormoon . 6 . Kultivar-enting .

Terug na Sakkie en die boompies in die kwekery .

Schagen voorsien tans boompies aan Suid-Afrikaanse boere in Mosambiek . Hierdie produsente ontvang ʼn honderd jaar huurpag teen lae huur van die Mosambiekse regering in ruil vir werkskepping .

7 . 8 .
7 . Klonale wortelontwikkeling . 8 . Oorplanting na groot sakke . 9 . Finale grootsak-uitgroeisels .
11 MARKtoe ! Junie 2024