MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 10

LANDBOU
Die bome se boonste blare word wit geverf met PVA wat 50 / 50 met water gemeng is om die bome koeler te hou , terwyl die kleiner blare onder hulle aandag aan fotosintese skenk .

gewoonlik tussen 10 en 15 ton per hektaar .

“ Ons is beslis die kleinste verbruiker van ons eie bome . Aan die begin was ons benadering dat ons slegs boompies sal voorsien aan produsente wat hul produkte deur TFFG bemark . Maar ons het later besluit hierdie is ʼn oop kwekery en ons verkoop aan enigiemand wat belangstel ,” verduidelike Sakkie .

Klante word op ʼn waglys geplaas en hul boompies gaan deur ’ n ontwikkelingsproses van om en by 12 tot 18 maande .

“ Toe ons in 2016 hier begin het , was daar ʼn waglys van agt jaar . Dit was hoe groot die aanvraag vir boompies was . Die behoefte het sedertdien geval tot waar ons nou ’ n baie korter waglys het .”

Om vir ʼn oomblik terug te keer na die agt jaar lange waglys . Gedurende daardie tyd was daar wêreldwyd groot bemarking oor die avokado se voedingswaarde gedoen .

“ Kyk , voorheen het mense geglo die avokado maak vet . Dit is nie waar nie . Die avokado bevat proteïene en vet wat goed is vir cholesterol . Jy kan omtrent nie genoeg avo ’ s eet nie .”

00 MARKtoe ! Junie 2024