MARKtoe! JUNIE 2024 - Uitgawe 116 | Page 9

LANDBOU

gehad ,” vertel hy .

Toe word die pos as Kwekery- en Plaasbestuur op Schagen beskikbaar . Sakkie is nederig wanneer hy bieg dat hy nie veel ervaring van avokadokwekery gehad het nie , maar hy het aangeneem dat die basiese beginsels van subtropiese boomkwekerye dieselfde is .

“ Wat toe nie heeltemal so was nie . Maar my voet was in die deur en ek kry toe die werk . Van toe af moes ek leer en kennis kry om die hele storie te verstaan . Aan die anderkant is avokadokwekery uniek in die sin dat enige ou nie sommer in sy agterplaas daarmee kan begin nie .”

Sakkie en sy span sit dus eweneens in ʼn unieke situasie waar hulle baie spesifieke produkte aan klante moet lewer .

Die wêreld hier het heelwat avokadobome en die ironie is egter dat hierdie omgewing nie juis optimaal is vir die verbouing van avokado ’ s nie . En dit is waar die waarde van ʼn kwekery sy kop uitsteek . In kwe-kerye kan klimaat tot ʼn mate beheer en beïnvloed word .

“ Schagen is eintlik ʼn marginale gebied vir die verbouing van avokado ’ s . Dit is baie warm in die somer en dan weer baie koud in die winter . Ons sit met uiterstes en avokado ’ s hou nie daarvan nie . Hulle soek ʼn meer gematigde klimaat en beslis nie daardie geweldige verskil tussen warm en koud nie .”

Tzaneen , wat klimaatgewys meer geskik is , produseer normaalweg om en by 15 ton of meer per hektaar . Die gemiddeld vir Schagen is

Die klonale onderstam word op die saad se lote geënt .
9 MARKtoe ! Junie 2024