LANDBOU
plase is ongeveer 14 000 ha groot ,” vertel Gog , wat saam met sy vrou , Melissa , seun Migal ( 17 ) en dogters Karin ( 14 ) en Mirka ( 5 ) hier boer en bly .
Die rosyntjie-verwerkingsaanleg wat hy in 2006 begin het en wat tot 15 000 t per seisoen kan hanteer , is intussen verkoop omdat hulle op hul primêre boerdery wil fokus .
“ Ons het twee kampe in die rosyntjiebedryf in Suid-Afrika . Die een kamp sien die potensiaal vir groei in die bedryf en kompeteer met die Amerikaners op kwaliteiten prysvlak . Die ander kamp wil kompeteer met produsente in lande soos Turkye , Iran en Oesbekistan waar die prysvlakke baie laer is , maar waarvan die gehalte ook
wesenlik verskil . In Turkye is die rosyntjieprys byvoorbeeld $ 1 500 per ton en in Amerika is dit $ 2 500 per ton , maar die gehalte is beter ,” verduidelik hy .
“ Ons het 6 verwerkers en ongeveer 600 boere , maar in Turkye is daar 6 000 boere nodig om dieselfde produksie te lewer . Die Oranjeriviergebied lewer omtrent 80 000 t van Suid-Afrika se rosyntjies en die Vredendal-omgewing sowat 15 000 t . Ek glo ons het die beste produk en omdat arbeidskoste so hoog is in Amerika , kan hulle nie op daardie produksievlak met ons kompeteer nie . Ons kwaliteit en fokus op voedselveiligheid is ook onbetwisbaar .”
Om die skaal te verduidelik vertel
3 .
3 . Koos Page , een van die bestuurders op Carpe Diem , by Johan Kriek , bemarker by Agrimark Upington , in die wingerde op die plaas .
9 MARKtoe ! Junie 2023