4 .
4 . Wingerde word steeds gespuit , maar nie met chemiese middels nie .
Gog dat van die groter fabrieke hier tussen 15 000 t en 20 000 t hanteer en hulle moet 150 boere met spuitstowwe , kunsmis en oudits bestuur . Dit is baie makliker as in Turkye waar 1 500 boere vir dieselfde produksie bestuur moet word .
“ Die groot fokus is op voedselsekerheid , veral omdat rosyntjies in soveel ander produkte soos ontbytgraan en sjokolades gebruik word . Daar mag geen vreemde materiaal , soos stokkies , klippies en spuitstowwe in die rosyntjies wees nie en die druk uit die Westerse markte raak al hoe groter hieroor . As produsente in daardie dele van die wêreld dit nie kan organiseer nie , gaan die produk nie oorleef nie . Die Westerse markte wil hulle nie
aan sulke risiko ’ s blootstel nie ,” be aam hy met nadruk .
“ Ons geleentheid is daarin om rosyntjies van hoë kwaliteit en teen goeie pryse aan dié markte te bly verskaf – dan is daar ruimte vir groei en uitbreiding . Die oudits vir rosyntjies is baie dieselfde as vir tafeldruiwe . Die groot verskil is dat die verantwoordelikheid by die verwerker lê in die geval van rosyntjies , terwyl dit die produsent se verantwoordelikheid is by tafeldruiwe – veral omdat ons self verpak en uitvoer ,” verduidelik hy . Rosyntjieproduksie langs die
Oranjerivier het die afgelope 10 jaar verdubbel , danksy die gereelde vervanging van wingerde , nuwe kultivars en uitbreiding van die hektare geplant . “ As jy rosyntjie-
10 MARKtoe ! Junie 2023