LANDBOU
produksie vergelyk met ander boerdery langs die rivier , soos pekanneute , tafeldruiwe en wisselbou , lewer dit waarskynlik nog die beste opbrengs ,” sê hy .
“ Pekanneute het die grootste opbrengs , is goedkoop om te vestig en verg min instandhouding , maar hulle vat 10 jaar voor jy kan oes . Rosyntjies is so tussen die pekans en tafeldruiwe , wat die duurste is om te produseer . Maar as jy dinge met tafeldruiwe reg doen , maak jy goeie geld , maar as jy nie daarmee geldmaak nie , gaan jy onder . Rosyntjies is bietjie meer geduldig as tafeldruiwe en die insetkoste is ongeveer 20 % van dié van tafeldruiwe . As jou rosyntjies geoes is , is dit klaar en weg , maar met
tafeldruiwe begin die groot werk van verpakking , vervoer en bemarking dan eers .”
“ Sugra39 en Selma Pete is ons grootste rosyntjiekultivars . Ons droog die rosyntjies aan die lote wat dit makliker maak om te oes , dit verminder die snoeiwerk en spaar arbeid , veral omdat ons dit in die toekoms ook meganies gaan oes en dit minder hanteer word en nie nog na droogbane aangery en versorg hoef te word nie .” Die grootste voordeel is dat die produk nie deur reën beskadig word nadat lote geknip is nie .
In die wingerde loop daar ‘ n trop van by die 40 hoenderhane , 100 tarentale en troppe angorabokkies . Die hoenders help met die bemes-
5 .
5 . Gog boer nie meer met tafeldruiwe as daar nie beskermende nette bo-oor is nie .
11 MARKtoe ! Junie 2023